Oor GroeiPunt Akademie
Gebou op die oortuiging dat ware akademiese ondersteuning verder strek as punte alleen.
Oor GroeiPunt Akademie
Groeipunt Akademie is gebou op die oortuiging dat ware akademiese ondersteuning verder strek as punte alleen. Ons wil kinders help om akademiese uitdagings met meer begrip, struktuur en selfvertroue aan te pak, binne 'n omgewing waar hulle veilig voel om vrae te vra, foute te maak en weer te probeer.
Ons sien elke leerder as uniek. Soos 'n saadjie het elke kind potensiaal wat met die regte ondersteuning, oefening en aanmoediging kan groei. Daarom skep ons 'n versorgende, gestruktureerde en motiverende leeromgewing waar onderrig, dissipline, ondersteuning en positiewe leiding hand aan hand werk.
Ons doel is dat elke leerder Groeipunt verlaat met meer akademiese selfvertroue, sterker leergewoontes en die wete dat hulle kan groei — ongeag hulle huidige akademiese vlak of vorige skoolervarings.
Ons Visie
'n Instansie van Uitnemendheid
Groeipunt Akademie streef daarna om 'n akademiese instansie van uitnemendheid te wees waar elke leerder holisties ontwikkel word — akademies, emosioneel en sosiaal.
Ons wil leerders toerus met kennis, selfvertroue, karakter en verantwoordelikheid sodat hulle met groter doelgerigtheid in hulle skoolwerk en persoonlike ontwikkeling kan groei.
Ons Missie
Ons missie is om 'n waardegedrewe, gestruktureerde en versorgende leeromgewing te skep waar elke leerder die geleentheid kry om tot sy of haar volle potensiaal te groei.
Ons doen dit deur:Hoë akademiese standaarde te handhaaf
Ons bied doelgerigte ondersteuning, gestruktureerde leer en praktiese oefening om leerders se begrip te versterk.
Elke leerder se unieke vermoëns raak te sien
Ons kyk na waar die leerder tans is, waar die gapings lê en watter ondersteuning nodig is om vorentoe te beweeg.
Selfdissipline en verantwoordelikheid te ontwikkel
Ons help leerders om beter leergewoontes, fokus en deursettingsvermoë te bou.
Respek en positiewe karakter te bevorder
Ons moedig leerders aan om met respek, integriteit en verantwoordelikheid teenoor hulself, hul werk en ander op te tree.
'n Veilige leeromgewing te skep
Leerders moet gemaklik voel om vrae te vra, foute te maak en weer te probeer.
Hoekom GroeiPunt Akademie?
-
Persoonlike aandag
Ons werk met een-tot-een of klein sessies, gewoonlik nie meer as 2 leerders per tutor nie, sodat elke kind werklik raakgesien word.
-
Akademiese struktuur
Ons help leerders om skoolwerk beter te verstaan, gereeld te oefen en meer voorbereid te wees vir toetse en eksamens.
-
Meer as net punte
Ons fokus nie net op beter akademiese resultate nie, maar ook op selfvertroue, karakter, dissipline en volhoubare groei.
-
Veilige leeromgewing
Leerders moet kan vrae vra, foute maak en weer probeer sonder om minderwaardig te voel.
-
Ondersteuning wat by die leerder pas
Elke leerder se behoefte, tempo en akademiese vlak word in ag geneem.