065 083 1515 groeipunt25@gmail.com 81 Albrecht Street, Dan Pienaar, Bloemfontein

Ons Dienste

Ondersteuning wat gerig is op groei, begrip en akademiese vordering

Wiskunde Ekstra Klasse

Wiskunde is ons hoofvak. Ons help leerders om konsepte beter te verstaan, gereeld te oefen en met meer selfvertroue te werk.

Ondersteuning Ander Vakke

Benewens Wiskunde bied ons ook ondersteuning in ander skoolvakke waar ekstra hulp nodig is.

Weeklikse Klasse

Gereelde klasse help leerders om by hul skoolwerk te bly, leeragterstande vroeg aan te spreek en stap vir stap akademies te groei.

Toets- en Eksamenvoorbereiding

Ons help leerders om met meer struktuur en selfvertroue vir toetse en eksamens voor te berei, met gerigte oefening en hersiening.

Diagnostiese Toets

Leerders kry praktiese ondersteuning met huiswerk en ekstra oefeninge om werk vas te lê. Ons identifiseer ook spesifieke gapings in begrip.

Persoonlike Ondersteuning

Elke leerder word as uniek benader. Ons pas ondersteuning aan volgens die kind se behoefte, tempo en akademiese vlak.

Hoe Ons Werk

1

Doen navraag

Ouers kontak ons via WhatsApp of die navraagvorm op die website.

2

Ons bepaal die behoefte

Ons gesels oor die leerder se graad, vakke, uitdagings en watter tipe ondersteuning nodig is.

3

Ons begin met ondersteuning

Die leerder neem deel aan weeklikse klasse, ekstra oefeninge en toetsvoorbereiding waar nodig.

4

Ons fokus op groei

Ons doel is beter begrip, meer selfvertroue en volhoubare akademiese groei oor tyd.

Registreer by GroeiPunt Akademie

Registreer jou kind by GroeiPunt Akademie

  • Onderrig deur professionele tutors
  • Ondersteuning met huiswerk en eksamenvoorbereiding
  • Persoonlike groei en akademiese ontwikkeling